Afro-Amerikaners

Afro-Amerikaners

Totale bevolking: 42 020 743[1]
insluitende 3 091 424 met verwysing na beide swart en 'n ander ras
(12,6% van die VS-bevolking)
2010 VS-sensus
Belangrike bevolkings  in: Dwarsoor die Verenigde State, veral in die Suidstate en stedelike gebiede.
Taal: Engels (Amerikaanse Engels, Afro-Amerikaanse Engels)
Louisiaanse Kreools, Gullah
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Protestante (78%); grootste minderhede Rooms-Katolieke (5%); Jehovah se Getuies (1%); Moslems (1%); ongebonde (12%)[2]
Verwante etniese groepe: Swart Hispaanse en Latyns-Amerikaners • Ander Afro-Amerikaanse volke van die Amerikas • Swart Kanadese • Sierra Leone Kreoolse mense • Amerikaans-Liberiese • Afro-Latyns-Amerikaners

Afro-Amerikaners (Engels: African Americans, Afro-Americans of Black Americans) is 'n etniese groep in die Verenigde State met algehele of gedeeltelike afkoms van swart mense uit Afrika suid van die Sahara. Die term verwys na mense wat nasate van slawe in die Verenigde State is, terwyl mense uit Afrika wat in onlangs jare in die Verenigde State gevestig het, nie as Afro-Amerikaners beskou word nie omdat hulle nie deel van die Amerikaanse geskiedenis en herkoms is nie. Afro-Amerikaners vorm die derde grootste etniese groep van die Verenigde State na Wit Amerikaners en Hispaanse of Latyns-Amerikaners.[3] Groot stede met oorwegend Afro-Amerikaanse bevolking sluit in Detroit (84,3%), Jackson (80,1%), Birmingham (74,0%), Baltimore (65,1%), Memphis (64,1%), New Orleans (61,2%), Montgomery (57,4%), Atlanta (54,0%), Newark (52,4%), Cleveland (51,0%) en Washington, D.C. (50,7%). Die geskiedenis van die Afro-Amerikaners is gekenmerk deur hul stryd vir gelyke burgerregte en teen rassisme in die alledaagse lewe.

  1. (en) "The Black Population: 2010" (PDF). Census.gov. September 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 31 Oktober 2016.
  2. (en) "Pew Forum: A Religious Portrait of African-Americans". The Pew Forum on Religion & Public Life. 30 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 31 Oktober 2016.
  3. (en) American FactFinder, United States Census Bureau. "United States – QT-P4. Race, Combinations of Two Races, and Not Hispanic or Latino: 2000". Factfinder.census.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op 31 Oktober 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search