Afval

'n Stalletjie op 'n mark in Istanbul wat afval verkoop.

Afval is die ingewande en interne organe van 'n geslagte dier. Die woord verwys nie na 'n spesifieke lys organe nie, maar sluit meeste interne organe buiten die spiere en bene in. Afhangende van die kulturele konteks mag afval as weggooibare dele beskou word, of as delikatesses waarvoor duur betaal word. Afval wat nie direk vir die gebruik deur mense of diere aangewend word nie, word dikwels geprosesseer om materiaal te verskaf wat vir dierevoer, bevrugter of selfs brandstof gebruik kan word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search