Aksiefilm

'n Aksiefilm is 'n genre waarin die protagonis of protagoniste in 'n reeks gebeure is wat tipies geweld, gevegte, fisieke optredes en jaagtogte insluit. Aksie films is geneig om 'n held te hê wat deur 'n paar struikelblokke moet veg, wat lewensgevaarlike situasies insluit, 'n skurk en 'n strewe om die probleem op te los. Gewoonlik aan die einde van die aksiefilm is die protagonis die oorwinnaar, maar sommige aksiefilms het al wel geëindig met die skurk wat wen. Vooruitgang in tegnologie het gemaak dat aksiefilms goedkoper en makliker gemaak kan word met bykomende visuele effekte, waar daar in die verlede professionele persone gebruik moes word om 'n aksietoneel uit te voer. Aksiefilms wat te veel gebruik maak van ongeloofwaardige rekenaar animasie en onrealistiese effekte loop dikwels onder kritiek deur.[1] Terwyl aksie al lank 'n herhalende komponent in films was, het die 'aksiefilm'- genre in die 1970's begin ontwikkel, tesame met die toename in waagtoertjies en spesiale effekte. Algemene aksietonele in films is gewoonlik ontploffings, jaagtogte, vuisgevegte en skietery.

Hierdie genre hou nouliks verband met die riller en avontuur genres en kan ook elemente bevat van drama en spioen fiksie.

Die draaiboekskrywer en geleerde Eric R. Williams identifiseer aksiefilm as een van die elf super-genres in sy draaiboek taksonomie en beweer dat alle narratiewe films geklassifiseer kan word deur hierdie super-genres. Die ander tien super-genres is Misdaad, Fantasie, Gruwel, Romanse, Wetenskap Fiksie, Drama, Sport, Riller en Oorlog.

  1. "Action Top rated Most Viewed - AllMovie". Allrovi.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2012. Besoek op 31 Januarie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search