Akuut

Á á
É é
Í í
Ó ó
Ú ú
Ý ý

'n Akuut of akuutaksent is 'n diakritiese teken wat as 'n skuinsstreep bo-op vokale geplaas word. Die streep loop van links onder na regs bo. Dus lê dit vorentoe.

Die akuut-aksent dui die beklemtoning van 'n woord of 'n spesifieke lettergreep in 'n woord aan in 'n spesifieke konteks. Tydens spraak word die woord (of deel) dan harder, amper met 'n plofgeluid, uitgespreek. Woorde kan ook sonder die akuut-aksent geskryf word wanneer die spesifieke klem nie nodig is nie, anders as woorde met 'n gravis wat altyd daarmee geskryf moet word.

Die akuut word in verskeie moderne tale wat op die Latynse en Griekse alfabet gebaseer is, gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search