Akwaponika

'n Klein, draagbare akwaponiese stelsel. Die term aquaponics is 'n samestelling van die terme akwakultuur en hidroponiese landbou.

Akwaponika verwys na enige stelsel wat 'n kombinasie van konvensionele akwakultuur (die groei van akwatiese diere soos slakke, vis, kreef of garnale in tenks) met hidroponika (die kweek van plante in water) in 'n simbiotiese omgewing. In normale akwakultuur bou die afskeidings van die diere wat grootgemaak word op in die water, wat die giftigheid verhoog. In 'n akwaponiese stelsel word water uit 'n akwakultuur-stelsel ingevoer in 'n hidroponiese stelsel waar die by-produkte afgebreek word deur nitrifikasie bakterieë in nitrate en nitriete, wat dan gebruik word deur die plante as voedingstowwe, en die water word dan gehersirkuleer terug na die akwakultuur-stelsel.

Omdat bestaande hidroponiese- en akwakultuur boerdery tegnieke vorm die basis vir alle akwaponiese stelsels, die grootte, kompleksiteit, en tipes kos wat gekweek word in 'n akwaponiese stelsel, kan die stelsel soveel wissel soos enige sisteem wat gevind word in beide boerdery dissiplines.[1]

  1. Rakocy, James E.; Bailey, Donald S.; Shultz, R. Charlie; Thoman, Eric S. "Update on Tilapia and Vegetable Production in the UVI Aquaponic System" (PDF). University of the Virgin Islands Agricultural Experiment Station. Besoek op 11 Maart 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search