Al-Anfal

ٱلْأَنْفَال
  Soera 8 van die Koran  
Klassifikasie Medinees
In Arabies Al-Anfâl
Transliterasie Al-An'fal
In Afrikaans "Vrywillige Gawes"
Deel 9-10
Ajat 75
Vers 41 van die soera Al-Anfal. Bagdad, omstreeks 1305-1307. (Museum van die Islamitiese Tydperk).

Al-Anfâl (Arabies: ٱلْأَنْفَال, "Vrywillige Gawes")[1] is die 8ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 75 ajat, of verse. Dit is 'n Medinese soera, wat beteken dit is vermoedelik in Medina geopenbaar en nie in Mekka nie. Dit is voltooi ná die Slag van Badr. Dit vorm 'n eenheid met die volgende soera, At-Tawbah.[2]

Volgens die vooraanstaande Moslemse filosoof Abul A'la Maududi is die hoofstuk vermoedelik geopenbaar in 2 A.H. ná die Slag van Badr, die eerste verdedigende geveg tussen Mekkane en die inwoners van Medina nadat hulle van vervolging in Mekka gevlug het. Dit bevat 'n uitgebreide oorsig van die slag.

  1. Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2
  2. Vertaling en kommentaar deur Javed Ahmad Ghamidi

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search