Antwerpen

Vir ander gebruike van die term Antwerpen, sien asb. Antwerpen (dubbelsinnig)

Antwerpen

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van België België
 Streek Vlaandere
 Provinsie Antwerpen
 Koördinate 51°13′N 04°24′O / 51.217°N 4.400°O / 51.217; 4.400
 Stigting 2de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 204,51 vk km
 Hoogte bo seevlak 14 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2018) 523 248
 - Bevolkingsdigtheid 2 600/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Bart De Wever (N-VA)
 Amptelike webwerf www.antwerpen.be

Antwerpen (Nederlands: [ˈɑntʋɛrpə(n)], ; Frans: Anvers, [ɑ̃vɛʁs], ; Engels: Antwerp, [ˈæntwɜːrp], ) is 'n stad en munisipaliteit in die noorde van België aan die Schelde-rivier. Antwerpen is 'n hawestad en die hoofstad van die gelyknamige Vlaamse provinsie. Die munisipale gebied bevat sowat 523 248 inwoners (2018), die grootste munisipaliteit in België. Sy oppervlakte beslaan 204,51 km², die land se naasgrootste munisipaliteit.

Antwerpen se sentrale stasie

Die stad beskik oor 'n groot spoorwegstasie (Antwerpen Sentraal) wat verbindings na Turnhout, Mechelen, Brussel, Lokeren en Gent bied. Die Thalys-hoëspoedtrein verbind die stasie met die stasies Amsterdam-Sentraal (Nederland), Brussel-Suid en Parys-Noord (Frankryk).

Die stad is grotendeels op die regteroewer van die Schelde geleë, Die stad is bekend om sy Rubensmuseum en die Onze-Lieve-Vrouw-katedraal en het 'n gewilde toeristebestemming geword.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search