Aswoensdag

Skenking van die askruis op die voorkop
Simboliese verpersoonliking van die vastyd tydens Karnaval; 'n detail van 'n skildery deur Pieter Bruegel die Ouere, 1559
Soos op hierdie Poolse skildery kan die as ook in die vorm van 'n kruis op die kop verstrooi word, 1881
Aswoensdag, skildery deur Carl Spitzweg, 1855–1860
Versoeking van Jesus in die woestyn, skildery deur James Tissot, 1886–1894

Aswoensdag (Latyn: Feria quarta cinerum, letterlik: "vierde dag" (= Woensdag) "van die as" of Dies cinerum, "dag van die as", ook "Asdag" genoem) is in die Rooms-Katolieke Kerk sedert die pontifikaat van Pous Gregorius I (590–604) die eerste dag van die 40 dae se vastyd, waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei.[1] Die dag voor Aswoensdag word Vasaand of Vette Dinsdag genoem.

Op Aswoensdag word tydens die kerkdiens die as van die verbrande palmtakke van verlede jaar gewy en op die voorkop van die gelowiges in die vorm van 'n kruis geteken. Die ontvangs van die askruis word as 'n teken met 'n helende effek, die sakramentaliëe, beskou.

Die vastyd sal aan die 40 dae, wat Jesus met vas en gebed in die woestyn deurgebring het (Matteus 4,2),[2] herinner en die gelowiges op Paasfees voorberei. Omdat die vastyd in die Oosters-Ortodokse Kerk op Sondagaand van die sewende week voor Paasfees begin, is die tradisie van 'n Aswoensdag in die Oosterse liturgie onbekend.

  1. (de) Anke Fischer: Feste und Bräuche in Deutschland, München 2004, ISBN 3-89736-323-2, bl. 20.
  2. (af) "Matteus 4,2". Bybel: Matteus. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 16 Mei 2019. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search