Atra-Hasis (Akkadiese wigskrif: 𒀜𒊏𒄩𒋀, Atra-ḫasīs) is 'n Akkadiese epiese gedig uit die 18de eeu v.C. wat in verskillende weergawes op kleitablette geskryf is.[1] Dit is genoem na die protagonis, Atrahasis ("uiters wyse"). Die tablette sluit beide 'n skeppingsmite in en een van drie Babiloniese vloedmites wat bewaar gebly het. Die naam "Atra-Hasis" verskyn ook op een van die Sumeriese koningslyste as koning van Shoeroeppak in die tyd voor 'n vloed.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search