Babilon

Babilon
'n Gedeeltelike uitsig op die ruïnes van Babilon vanuit Saddam Hoesein se somerpaleis
'n Gedeeltelike uitsig op die ruïnes van Babilon vanuit Saddam Hoesein se somerpaleis
Koördinate 32°32′11″N 44°25′15″O / 32.53639°N 44.42083°O / 32.53639; 44.42083
Plaaslike naam  بابل
Land Vlag van Irak Irak
Soort Nedersetting
Streek Mesopotamië
Oppervlakte 9 km²
Geskiedenis
Bouer Amorites
Gestig 1894 v.C.
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria iii, vi
Verwysing 278 (2019, 43ste sessie)
Toestand Geruïneer
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Babilon
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Babilon was 'n belangrike antieke Midde-Oosterse stad in Mesopotamië. Dit was die hoofstad van Babilonië en was beroemd vanweë die groot rykdom van sy mense. Soms word die woord "Babilon" gebruik om na 'n plek van plesier en immorele gedrag te verwys.[1] Babilon is in 2019 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

'n Herkonstruksie van die Isjtar-poort van Babilon in die Pergamonmuseum te Berlyn.

Die stad was 90 km suid van Bagdad in Irak by die huidige stad al-Hillah geleë. Die god van die stad was Marduk.

Die eerste verwysing na die stad stam uit die tyd van Šar-kali-šarra, 'n koning van die Akkad-dinastie (ca. 2200 v.C.). Van die Oud-Babiloniese tyd (2000-1600 v.C.) is baie min gevind in opgrawings omdat die vlak van die grondwater te hoog is. Eers toe 'n damwal gebreek het en die watervlak gedaal het, is daar 967 tablette in wigskrif gevind.[2]

Tydens die heerskappy van koning Hammoerabi was Babilon die hoofstad van 'n ryk wat Mesopotamië omvat het, maar onder sy opvolgers het dit baie kleiner geword. In 1595 v.C. [3] is die stad deur die Hetiete verwoes.

Onder die Kassiete was die stad nie altyd die hoofstad nie.

Na 612 v.C. en die val van die stad Nineve word Babilon opnuut die hoofstad van 'n wêreldryk, die Nieu-Babiloniese ryk.

Die stad word in 539 v.C. ingeneem deur die Perse onder Kores II.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Olof Pedersen in: Babylon: Wissenskultur in Orient und Okzident, 2011, ISBN 978-3-11-022211-1
  3. In hoë middelste chronologie, sien Venus-tablet van Ammisaduqa

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search