Beursineenstorting

'n Beursineenstorting is 'n skielike en dramatiese afname in die waarde van aandele regdeur 'n aandelebeurs. Ineenstortings word net soveel deur paniek aangevuur as deur werklike onderliggende ekonomiese faktore. Sulke ineenstortings volg dikwels op spekulatiewe groei in aandelpryse.

Beursineenstortings is 'n sosiale verskynsel waar die eksterne ekonomiese gebeure in samehang met die gedrag van die deelnemers en die sielkunde waar negatiewe voorspellings self verwesenlik word deurdat die verkoop van aandele ander deelnemers ook noop om te verkoop en sodoende die negatiewe siening verder versterk. Beursineenstortings vird gewoonlik onder die volgende toestand plaas:

  • 'n Verlengde tydperk van stygende aandeelpryse en buitensporige ekonomiese optimisme,
  • 'n Mark waar die prys-tot-verdienste verhoudings die langtermyn gemiddeldes oorskry en
  • Die gebruik van skuld deur markdeelnemers.

Daar is nie 'n spesifieke definisie van 'n ineenstorting nie maar die term word gewoonlik toegepas wanneer 'n indeks van 'n aandelemark verskeie dubbelsyfer persentasieverliese in enkele dae ondergaan. Ineenstortings word gewoonlik onderskei van beermarkte deur paniekverkope en skielike, dramatiese prysdalings. Beermarkte is tydperke waar die aandeelpryse geleidelik daal en word gewoonlik in terme van maande of jare gemeet. Beursineenstortings word dikwels met beermarkte vereenselwig maar dit is nie altyd die geval nie, die ineenstorting van 1987 het byvoorbeeld nie gelei tot 'n beermark nie. Op soortgelyke wyse het die Japannese Nikkei beermark van die 1990's oor verskeie jare plaasgevind sonder enige ineenstortings.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search