Bloedplasma

Bloedplasma wat gevries is.

Bloedplasma is 'n gelerige, effens alkaliese vloeistof wat ongeveer 50% van bloed per massa uitmaak. Dit bestaan uit ongeveer 50% water en 10% opgeloste stowwe, naamlik proteïene, anorganiese soute, organiese bestanddele, gasse en sekresies. Plasma vervoer die liggame wat daarin dryf na die verskillende dele van die liggaam, dit vervoer die geabsorbeerde voedingstowwe vanaf die spysverteringskanaal na die weefsels, en dit vervoer ook afvalstowwe van die selle af na die uitskeidingsorgane, byvoorbeeld ureum na die niere, koolstofdioksied na die longe, ensovoorts. Verder vervoer die bloedplasma die hormone van die buislose kliere af na daardie dele van die liggaam waar dit noodsaaklik is en versprei dit warmte deur die liggaam.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search