Blou

#0000ff

Blou is een van die drie primêre toevoegende kleure; blou lig het die kortste golflengte van die drie primêre kleure: nagenoeg 470 nanometer.

Die skoon lug op 'n sonnige dag is blou as gevolg van Rayleigh-verstrooiing van die lig vanaf die Son. Groot hoeveelhede water (H2O) lyk ook blou omdat rooi lig (van rondom 750 nm) geabsorbeer word as gevolg van die O-H strekkende vibrasie. Interessant genoeg is swaarwater (D2O) kleurloos, omdat die absorbsieband by 'n langer golflengte lê (ongeveer 950 nm).

Blou het koördinate van <0, 0, 255> in die RGB-kleurspasie, en is die komplement van geel.

In die algemeen verwys "blou" na enige kleur vanaf blou tot siaan. Baie tale het nie aparte woorde vir blou en groen nie; sien Groen vir 'n bespreking.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search