Borskanker

Borskanker
Klassifikasie en eksterne bronne
Mammogramme van ’n gesonde bors (links) en een met kanker.
Mammogramme van ’n gesonde bors (links) en een met kanker.
ICD-10 C50
ICD-9 174-175,V10.3
OMIM 114480
MedlinePlus   000913
eMedicine med/2808med/3287 radio/115 plastic/521
MeSH D001943
Mediese waarskuwing

Borskanker is 'n kwaadaardige gewas wat ontstaan weens die ongekontroleerde en onbeheerste groei en vermenigvuldiging van 'n sel in die bors wat 'n reeks mutasies (veranderings) ondergaan het. Hoewel die gewas aanvanklik net die bors affekteer, kan borskanker versprei wanneer selle uit die gewas ontsnap en deur die bloed en limfstelsel versprei na ander dele van die liggaam soos die longe en skelet, waar dit vermenigvuldig en ander gewasse vorm. Dié proses word metastase (uitsaaiing) genoem.

Die belangrike ontdekking in die twintigste eeu dat kanker veroorsaak word deur 'n reeks fundamentele genetiese foute in 'n enkele sel, het grootliks daartoe bygedra dat borskanker teen die einde van die twintigste eeu gestroop was van mistiek en bygeloof. Dit het ook bygedra tot die groeiende bewustheid onder vroue van die belangrikheid van selfondersoeke, vroeë diagnose en behandeling.

Die sukses van behoudende chirurgie en doeltreffender behandelingsmetodes om verspreide borskanker te hanteer, het bygedra tot 'n baie beter borskankeroorlewingsyfer as in die verlede.

Nietemin is dit steeds die siekte wat vroue die meeste vrees. Dit eis meer lewens van vroue tussen die ouderdomme van 35 en 50 jaar as enige ander siekte. Vroue kry ook meer borskanker as enige ander vorm van kanker.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search