Buite-Hebride

Buite-Hebride
Outer Hebrides
Na h-Eileanan Siar
Ligging
Ligging van die Buite-Hebride aan die weskus van Skotland
Ligging van die Buite-Hebride aan die weskus van Skotland
Ligging van die Buite-Hebride aan die weskus van Skotland
Naam
Skots-Gaeliese naam: Na h-Eileanan Siar
Noorse naam: Suðreyjar
Oppervlak en Piek
Oppervlak:
Hoogste punt:
Bevolking
Bevolking: 26 502
Hoofnedersetting: Steòrnabhagh
Groeperings
Onderafdeling van: Hebride
Plaaslike Owerheid Na h-Eileanan Siar (Engels: Western Isles, Afrikaans: Westelike Eilande).
Eilande
Bewoonde Eilande: 14
Lewis en Harris (19 918), South Uist (1 818), North Uist (1 271), Benbecula (1 219), Barra (1 078), Scalpay (322), Great Bernera (233), Grimsay (201), Berneray, North Uist (136), Eriskay (133), Vatersay (94), Baleshare (49), Grimsay, South East Benbecula (19), Flodaigh (11)
Onbewoonde Eilande: 52
Barra Isles, Boreray, Calvay, Campay, Eilean Chaluim Chille, Eilean Iubhard, Eilean Kearstay, Eileanan Iasgaich, Ensay, Fiaray, Floday, Flodday, Floddaybeg, Flodaigh Mòr, Fuday, Fuiay, Gighay, Gilsay, Groay, Hellisay, Hermetray, Killegray, Kirkibost, Lingay, Little Bernera, Mealasta Island, Mingulay,Opsay, Oronsay, Orosay, Pabbay near Harris, Pabbay Mòr, Ronay, Seaforth Island, Scaravay, Scarp, Scotasay, Shiant Islands, Shillay, Soay Beag, Soay Mòr, Stockinish Island, Stromay, Stuley, Sursay, Tahay, Taransay, Vacsay, Vallay, Vuia Beag, Vuia Mòr, Wiay
Scotland
Verwysings:

Die Buite-Hebride (Engels: Outer Hebrides, amptelik bekend onder die Skots-Gaeliese naam Na h-Eileanan Siar) is 'n eilandreeks langs die weskus van Skotland, noordwes van die Binne-Hebride. Die Buite-Hebride strek 208 km van die eiland Lewis in die noordooste tot by Barra Head in die suide. Dit vorm deel van die Hebrides en word van die Skotse vastelandgebied en van die Binne-Hebride geskei deur die stormagtige waters van die Minch, die Little Minch en die See van die Hebride. Die hoofnywerhede is skaapboerdery en wolprodukte. Dit is ’n gewilde toeristebestemming in die somer.[1]

Die Buite-Hebride vorm deel van die Gàidhealtachd, die tradisionele gebied van die Skots-Gaeliese gemeenskap van Skotland. Skots-Gaelies was te vore die dominante taal van die eilande en dit word steeds hier en daar gepraat, maar dit is in sommige dele grootliks deur Engels verdring.

Die naam vir die parlementêre kiesafdeling van die Verenigde Koninkryk is Na h-Eileanan an Iar, terwyl die Skotse Parlement se kiesafdeling vir die gebied steeds amptelik die Western Isles (Westelike Eilande) is. Dit word egter gewoonlik as Western Isles (Eilean Siar) geskryf. Die eilande het vir ongeveer 200 jaar onder Noorweegse heerskappy as Suðreyjar ("Suidelike Eilande") bekend gestaan totdat soewereiniteit na Skotland oorgedra is met die Verdrag van Perth in 1266 wat gevolg het op die Slag van Largs drie jaar te vore. In die volksmond staan die eilande soms plaaslik as An t-Eilean Fada of "Die Lang Eiland" bekend; Na h-Eileanan a-Muigh (die Buite-Eilande) word ook soms in Skots-Gaelies gehoor.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search