Bulbjerg

Bulbjerg

Bulbjerg is ’n kalkklipkrans in noordelike Jutland, Denemarke, wat oor Skagerrak uitkyk. Dit is die enigste rots in Jutland en die enigste voëlkrans in Denemarke. Dit is ook die mees suidelike broeiplek van die Brandervoël. Bulbjerg is in die tradisionele Hanharred-distrik, naby Thy, geleë.

Oor die eeue heen is kalkblokke uit die krans gekap en as boumateriaal in die omliggende gebied aangewend, of tot ongebluste kalk verwerk. Besoekers het vroeër jare hul name in die kalkrots uitgekerf, waarvan dié van ’n 19de-eeuse koning vandag nog besigtig kan word. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Duitse magte Bulbjerg as ’n uitkykpos gebruik; ’n klein betonverskansing is opgerig, wat deur die jare heen staande gebly het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search