Chakri-dinastie

Huis van Chakri
Die embleem van die Huis van Chakri.
Die embleem van die Huis van Chakri.
Plaaslike naam ราชวงศ์จักรี
Land Vlag van Thailand Thailand
Godsdiens Boeddhisme
Titel van hoof Koning van Siam (1782-1949)
Koning van Thailand (1949-tans)
Stigter Rama I
Huidige hoof Rama X
Stigting 6 April 1782

Die Chakri-dinastie (Thai: ราชวงศ์จักรี, Ratchawong Chakkri, ) is die huidige regerende dinastie van die Koninkryk Thailand. Die hoof van die huis is die koning en staatshoof. Die familie regeer oor Thailand sedert die stigting van die Rattanakosin-tydperk en die stad Bangkok in 1782, en ná die einde van Taksin Thonburi se bewind, toe Siam se hoofstad na Bangkok geskuif is. Die koningshuis is gestig deur Rama I, 'n militêre leier van Ayutthaya. Hy was van Sino-Mon-afkoms.[1]

Voordat hy die troon bestyg het, was Rama I jare lank die minister van burgersake, met die gepaardgaande adellike titel chakri. Toe hy die dinastie stig, het hy "Chakri" as die naam daarvan gekies. Die huis se embleem bestaan uit die diskus (chakra) en drietandvurk (trisula), die hemelse wapens van die gode Vishnu en Shiva, van wie die Thaise koning volgens oortuiging die inkarnasie is.

Die huidige hoof van die huis is Maha Vajiralongkorn, wat op 1 Desember 2016 koning geword het, maar terugwerkend van 13 Oktober 2016 regeer ná die dood van sy pa, Bhumibol Adulyadej. Die huis se huidige setel is die Groot Paleis. Die kroning van Vajiralongkorn en die tradisionele seremonie het op Saterdag 4 Mei 2019 in Bangkok plaasgevind.[2]

  1. Reid, Anthony (2015). A History of Southeast Asia: Critical Crossroads. p. 215. ISBN 9780631179610.
  2. "King Vajiralongkorn of Thailand is crowned in elaborate ceremony". theguardian.com. Besoek op 10 Mei 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search