Collage

Die woord "collage" is afgelei van die Franse woord "coIIer" (om te plak). Dit kan vaagweg gedefinieer word as 'n pikturale tegniek wat kunstenaars gebruik om verskeie soorte materiaal soos papier of lap, op doek of bord te plak en dit word soms gekombineer met die skilder of tekenkuns. Collage is tweedimensionele of laagreliëf en staan in verband met assemblage: 'n tegniek wat die driedimensionele voorwerp beklemtoon.

Die ontbyt, Juan Gris, 1914. Gouache, olie, kryt op uitgesnyde en geplakte papier op doek, Museum of Modern Art.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search