Darmstadt

Darmstadt

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Hesse
 Koördinate 49°52′N 08°39′O / 49.867°N 8.650°O / 49.867; 8.650
 Stigting 11de eeu
 Stadstatus 23 Julie 1330
 Oppervlakte:  
 - Totaal 122,07 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 144 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Julie 2022) 164 668[1]
 - Bevolkingsdigtheid 1 349/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 800 000
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Hanno Benz (SPD)
 Amptelike webwerf darmstadt.de

Darmstadt (Duits: [ˈdaʁmʃtat], ) is 'n stad in die deelstaat Hesse in Duitsland. Dit maak deel uit van die nywerheidstreek Frankfurt-Ryn-Maingebied (Duits: Rhein-Main-Gebiet) en is ná Frankfurt am Main, Wiesbaden en Kassel die vierde grootste stad in Hesse.

Darmstadt het 'n buitengewoon hoë konsentrasie van wetenskaplike instellings wat grootliks te danke is aan Darmstadt se Tegniese Universiteit (Duits: Technische Universität Darmstadt).[2] In 1997 is Darmstadt deur die regering van Hesse met die eretitel "wetenskapstad" vereer (Duits: Wissenschaftsstadt).[3] Die tegniese universiteit en twee Tegniese Kolleges (Duits: Fachhochschulen) het op enige gegewe tyd meer as 30 000 studente en met 'n ongewoon hoë konsentrasie van besighede, navorsingsinstellings en assosiasies vorm Darmstadt 'n geïntegreerde netwerk van kennis. Die hoë persentasie werkgeleenthede in sektore soos navorsing en ontwikkeling is ongeëwenaar in Duitsland.[4]

  1. 1,0 1,1 (de) Darmstädter Datenblatt 08-2022
  2. (de) Technische Universität Darmstadt
  3. Darmstadt, City of Science brochure (en)
  4. (de) www.darmstadt.de: Bildung und Wissenschaft in Darmstadt Geargiveer 27 Februarie 2009 op Wayback Machine

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search