Dashavatara

Tien avatars van Vishnu (Matsya, Kurma, Varaha, Vamana, Krishna, Kalki, Boeddha, Parshurama, Rama en Narasimha). Skildery in die Victoria and Albert-museum.

Dashavatara (Sanskrit: दशावतार, daśāvatāra) verwys na die tien avatars van Vishnu, die Hindoegod van bewaring. In Hindoeïsme word geglo Vishnu daal op die aarde neer in die vorm van ’n avatar om die kosmiese orde te herstel.

Die lys Dashavatara verskil van sekte tot sekte en streek tot streek. Die standaardlys is: Matsya, Kurma, Varaha, Narasimha, Vamana, Parashurama, Rama, Krishna, Boeddha en Kalki. Soms vervang Krishna vir Vishnu as die bron van alle avatars en dan neem Balarama Krishna se plek op die lys in. In ander weergawes word Krishna uitgelaat en met streekgode soos Vithoba, Jagannath of Balarama vervang.

Die volgorde van die Dashavatara word vertolk as weerspieëlend van Darwinisme.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search