In ekonomiese terme is deflasie 'n afname in die algemene prysvlak van goedere en dienste.[1] Gedurende 'n tydperk van deflasie daal die inflasiekoers tot onder 0% ('n negatiewe inflasiekoers geld dus). Oor tyd verminder inflasie die waarde van die geldeenheid terwyl deflasie dit verhoog. Gevolgllik kan meer goedere en dienste as voorheen met dieselfde bedrag geld gekoop word. Deflasie moet van disinflasie onderskei word. Disinflasie is 'n verlangsaming in die inflasiekoers, dit is wanneer inflasie tot 'n laer koers daal maar steeds positief is.[2] In Suid-Afrika het brandstofpryse vir die twaalf maande tot einde April 2022 met 29,2% gestyg en na Julie na 56,2% versnel (inflasie). Dit is gevolg deur ' n tyd van disinflasie toe die jaar-op-jaar koers van toename na 3,5% afgeneem het in Mei 2023, gevolg deur 'n tyd van deflasie tussen Junie 2023 en Augustus 2023.[3]
As deflasie onverwags voorkom, glo baie ekonome dat dit 'n deflasionêre skok veroorsaak, wat problematies vir die ekonomie is, aangesien dit die reële waarde van skuld verhoog. Deflasie kan ook resessies vererger en kan voorts lei tot 'n deflasionêre spiraal.[4][5][6][7][8][9][10]
Sommige ekonome is van mening dat langdurige deflasie verband hou met tegnologiese vooruitgang, want soos produktiwiteit toeneem, daal die koste van goedere en dienste.[11]
Deflasie vind gewoonlik plaas gedurende tye van hoë aanbod (wanneer oortollige produksie plaasvind), lae vraag (wanneer verbruik afneem), of wanneer die geldvoorraad afneem (soms in reaksie op 'n inkrimping wat veroorsaak word deur sorgelose investering of 'n kredietkrisis) of as gevolg van 'n netto kapitaaluitvloei uit die ekonomie.[12] Dit kan ook voorkom wanneer daar te veel mededinging en te min markkonsentrasie is.[13]
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search