Dialektologie

Dialektologie (vanaf Antieke Grieks διάλεκτος, dialektos, "praat, dialek"; en -λογία, -logie) is die wetenskaplike studie van linguistiese dialek, ʼn onderafdeling van sosiolinguistiek. Dit behels die studie in variasies in taal vernaam gegrond op geografiese verspreiding en die se verwante kenmerke. Dialektologie behandel onder andere onderwerpe soos uiteenloping van twee plaaslike dialekte vanuit ʼn gemene voorganger en sinchroniese variasie.

Dialektologie is fundamenteel gemoeid met grammatikale, leksikale en fonologiese kenmerke ooreenstemmend met streeksgebiede. Hiervolgens bemoei dit homself algemeen met bevolkings wat al vele generasies in spesifieke gebiede bly, maar ook migrerende groepe wat hulle tale na nuwe gebiede bring (sien taalkontak).

Algemeen bestudeerde konsepte in dialektologie sluit in die probleem rondom wedersydse verstaanbaarheid met die vaspen van tale en dialekte; gevalle van diglossie, waar twee dialekte gebruik word in verskillende rolle; dialekkontinuum insluitend ʼn aantal gedeeltelik wedersyds verstaanbare dialekte; en plurisentrisme, waar wat hoofsaaklik ʼn enkele genetiese taal is, bestaan uit twee of meer standaard variasies.

Hans Kurath en William Labov is van die vernaamste navorsers in die studieveld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search