Diamagnetisme

Diamagnetisme is 'n swak vorm van magnetiese reaksie wat deur alle materiale vertoon word. Die magnetisasie is geïnduseerd en staan 'n opgelegde magnetiese veld teen.

'n Suiwer diamagnetiese materiaal sal deur die veld afgestoot word. Indien die materiaal ook paramagnetisme vertoon -wat ook 'n swak reaksie is maar wat aantrekkend is- wen hierdie aantrekkende wisselwerking gewoonlik van die afstotende een. Die gevolg is dat die afstoting gewoonlik net dan opgemerk kan word indien die materiaal geen paramagnetiese sentra (ongepaarde spins) bevat nie.

Die oorsaak van diamagnetisme is die induksie van kringstroompies van die elektrone in die materiaal. Hierdie stroompies presedeer rond die rigting van die magneetveld H wat probeer die materiaal binne te dring en hulle wek self 'n (swak) magneetveld op in die teenoorgestelde rigting wat die magneetveld probeer buite te sluit. Die reaksie is gewoonlik lineêr en kan beskryf word met 'n negatiewe magnetiese susseptibiliteit:


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search