Diepsee

Diepseesones

Die diepsee is die dieper gedeelte van die see wat begin waar die vastelandsplaat of die kussee op 'n diepte van ongeveer 200 m ophou. Tot op 'n diepte van ongeveer 125 m kan fotosintese nog onder die invloed van sonlig plaasvind, maar dieper as dit kan dit nie meer gebeur nie. Dit en ander faktore soos druk en 'n gebrek aan lig beïnvloed die liggaamsbou en leefwyse van diere in die diepsee.

In die diepsee vind 'n baie stadige afsetting plaas van klei wat van die omringende vastelande af kom en van skelette van organismes wat in die water leef.

Die geweldige druk in die diepsee bemoeilik navorsing aansienlik. Die ontwikkeling van duiktoestelle, soos die batisfeer deur Piccard, het navorsing in die diepsee egter moontlik gemaak en aansienlik vergemaklik. Die hoë koste van diepsee-ondersoeke het egter gelei tot nuwe ontwikkelinge, soos die gebruik van navorsingskepe wat 'n verskeidenheid instrumente na die bodem kan laat sak waarmee waarnemings gedoen kan word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search