Dolby-teater

Dolby-teater
Die Dolby-teater voor die 75ste Oscar-plegtigheid in 2003
Die Dolby-teater voor die 75ste Oscar-plegtigheid in 2003
Vorige naam Kodak-teater (2001–2012)
Hollywood and Highland Center (2012)
Stad of dorp Los Angeles, Kalifornië
Land Verenigde State
Geopen 9 November 2001

Die Dolby-teater (vroeër bekend as Kodak-teater, tydelik ook Hollywood and Highland Center Theatre genoem) is 'n skouburg in die Hollywood-distrik van Los Angeles, Verenigde State. Die teater maak deel uit van die Hollywood and Highland-winkel- en -vermaaksentrum in Hollywood Boulevard en North Highland-laan. Sedert sy opening op 9 November 2001 word die jaarlikse Oscar- of Academy Awards-plegtigheid hier gehou, waarby die eerste Oscar-pryse in Maart 2002 in die teater toegeken is. Die Dolby-teater is die eerste permanente tuiste vir die Oscar-plegtigheid. In 2012 het die onderneming Dolby Laboratories die teater se naamregte vir 'n tydperk van twintig jaar gekoop.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search