Doodstraf

   Handhaaf die doodstraf in beide die wet en praktyk (53 lande)

   In die praktyk afgeskaf (geen teregstellings in meer as tien jaar en onder 'n moratorium nie, 24 lande)

   In die wet afgeskaf, behalwe onder buitengewone omstandighede soos tydens oorlog (sewe lande)

   Volledig afgeskaf (111 lande)

Die term doodstraf verwys na die wettige teregstelling van 'n mens as die swaarste straf vir 'n misdaad. Verskeie lande, soos die Verenigde State van Amerika, pas nog die doodstraf toe. Die meeste lande het egter die doodstraf afgeskaf of vir jare geen teregstellings uitgevoer nie. Vir duisende jare is teregstellings as die straf vir die swaarste misdade toegepas. Met die begin van die humanisme in Europa word die doodstraf vir die eerste keer krities gesien. Tot vandag is die status daarvan in terme van menseregte nog nie uitgeklaar nie. Die eerste land wat die doodstraf afgeskaf het, was die Groothertogdom Toskana in 1786.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search