Dot-comvoorspoedgolf

Die "dot-com voorspoedgolf" was 'n spekulatiewe finansiële voorspoedgolf wat rofweg tussen 1995-2001 (met sy hoogtepunt op 10 Maart 2000, toe die NASDAQ 5132.52 punte bereik het) voorgekom het, toe aandelemarkte in die Westerse lande ongekende groei beleef het in veral die internetsektor en verwante markte.

Die tydperk is gekenmerk deur die stigting (en in baie gevalle fabelagtige mislukkings) van 'n groep nuwe internet-gebaseerde maatskappye wat allerweë as dot-com's beskryf is. 'n Kombinasie van vinnigstygende aandeelpryse, indiwiduele spekulasie in aandele en maklikbekombare waagkapitaal het 'n atmosfeer van onredelike verwagtinge geskep waar baie besigheidsmense die standaard besigheidsmodelle geïgnoreer het en eerder op hul markaandeel gefokus het in plaas daarvan om op gesonde winsgrense te konsentreer.

Pas hierna het die mislukking en ineenstorting van die markte gelei tot 'n matige, dog langdurige resessie in die ontwikkelde lande van die wêreld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search