Eiervrug

Eiervrug
Ontwikkelende vrugte in verbouing
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Solanales
Familie: Solanaceae
Genus: Solanum
Spesie:
S. melongena
Binomiale naam
Solanum melongena
L., (1753)[1]
Sinonieme

Solanum ovigerum Dunal
Solanum trongum Poir.

'n Eiervrug (Solanum melongena) is 'n plant spesie in die Solanaceae-familie, en word wêreldwyd vir sy eetbare vrugte verbou.[2]

Die sponsagtige, absorberende vrugte is gewoonlik pers en word in verskeie kookkunste gebruik. Dit word tipies as 'n groente in geregte ingesluit, alhoewel dit soos 'n tamatie 'n bessie volgens die botaniese definisie is. As 'n lid van die Solanum-genus is dit verwant aan die tamatie, paprika en aartappel, alhoewel voorgenoemdes uit die Nuwe Wêreld kom, terwyl die eiervrug van die Ou Wêreld is. Soos die tamatie, kan sy skil en pitte geëet word, maar, soos die aartappel, word dit gewoonlik gaar geëet.

  1. https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:820053-1
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named gb

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search