Epigram

'n Aansienlike deel van Robert Hayman se boek uit 1628, Quodlibets, is toegewy aan epigramme.

'n Epigram is 'n kort, interessante, onvergeetlike, somtyds verrassende of satiriese verklaring. Die woord kom van die Ougriekse ἐπίγραμμα (epígramma, "inskripsie", van ἐπιγράφειν [epigráphein], "om te skryf op, om in te skryf").[1] Hierdie literêre tegniek word reeds vir meer as twee millennia beoefen.

Die teenwoordigheid van geestigheid of sarkasme onderskei nie-poëtiese epigramme van aforismes en spreekwoorde, wat tipies nie daardie eienskappe vertoon nie.

  1. "epigram". Online Etymology Dictionary.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search