Erasmusprys

 Erasmusprys 

Kenteken van die Erasmusprys
Kenteken van die Erasmusprys
Toegeken vir Noemenswaardige bydrae tot die Europese kultuur, samelewing of sosiale wetenskap
Borg Praemium Erasmianum-stigting
Land Vlag van Nederland Nederland
Eerste toekenning 1958
Webtuiste erasmusprijs.org

Die Erasmusprys is een van Europa se mees gesogte eerbewyse. Die Nederlandse Praemium Erasmianum-stigting ken dit jaarliks toe aan mense of instellings wat 'n buitengewoon belangrike bydrae op kulturele, maatskaplike of sosiaal-wetenskaplike gebied gelewer het. Die prys is na die Nederlandse Renaissance-humanis Desiderius Erasmus genoem. Die prysgeld beloop tans (2025) €150 000.[1]

Die Erasmusprys van 2015 is aan die Wikipediagemeenskap toegeken en in 2023 het Trevor Noah die prys ontvang.

  1. (nl) "Over Erasmusprijs". Praemium Erasmianum Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2024. Besoek op 14 Julie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search