Geweld

Geweld word gedefinieer as die onregmatige gebruik van mag, die uitoefen van fisiese krag wat tot beserings of verwoesting lei.

Geweld kweek geweld en kan geslagte lank oorgedra word. Geweld teen vroue en kinders is ’n diepgewortelde maatskaplike probleem in die Suid-Afrikaanse samelewing. Die oorsake van geweld sluit faktore soos persoonlikheidsfaktore, strukturele faktore, geslagsrolle, kultuur en kulturele gebruike in. Hierdie faktore het egter almal een gemene deler, naamlik die rol wat mag speel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search