Goedhartigheid

Twee kinders deel 'n koeldrank by die Wit Huis. 1922
Plakkaat vir goedhartigheid, by die People's Climate March (2017)

Goedhartigheid is 'n tipe gedrag wat gekenmerk word deur dade van vrygewigheid, konsiderasie, hulpverlening vir of besorgdheid oor andere, sonder om lof of beloning daarvoor terug te verwag.

Goedhartigheid, wat soms ook as vriendelikheid of gaafheid gesien word, is 'n onderwerp van belangstelling in filosofie, godsdiens en sielkunde. Goedhartigheid was een van die hoofonderwerpe in die Bybel. In Boek II van Retoriek definieer Aristoteles vriendelikheid as "behulpsaamheid teenoor iemand in nood, nie in ruil vir enigiets nie, ook nie tot voordeel van die helper self nie, maar vir dié van die persoon wat gehelp is". [1] Nietzsche het goedhartigheid en liefde as die "mees genesende kruie en middels in menslike omgang" beskou. [2] Vriendelikheid word beskou as een van die ridderlike deugde. [3] In Meher Baba se leringe is God sinoniem met goedhartigheid: "God is so goedhartig dat dit onmoontlik is om Sy onbeperkte goedheid voor te stel!" [4]

  1. Aristotle (translated by Lee Honeycutt). "Kindness". Rhetoric, book 2, chapter 7. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2004. Besoek op 22 November 2005.
  2. Nietzsche, Friedrich Wilhelm. "On the History of Moral Feelings," Human, all too human: a book for free spirits. Aphorism 48. [Original: Menschliches, Allzumenschiles, 1878.] Trans. Marion Faber with Stephen Lehman. University of Nebraska Press: First Printing, Bison Books, 1996.
  3. Singla, Parvesh. "The Manual of Life - Character". Parvesh singla – via Google Books.
  4. Kalchuri, Bhau (1986). Meher Prabhu: Lord Meher, 11, Myrtle Beach: Manifestation, Inc., p. 3918.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search