Gravis

À à
È è
Ì ì
Ò ò
Ù ù

'n Gravis of gravisaksent ( ` ) is 'n diakritiese teken wat as 'n skuinsstrepie bo-op 'n letter (slegs vokale) geplaas word. Die strepie loop van links bo na regs onder. Dus lê dit agteroor.

Dit word gebruik ter wille van uitspraak. Die woord word standaard so gespel, anders as met 'n akuutaksent wat gebruik word om 'n woord in 'n sekere konteks uit te lig.

Name soos André is egter 'n uitsondering op die reël: "André" word altyd met die aksentteken gespel, maar 'n akuut-aksentteken word gebruik, nie 'n gravis nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search