Hilandar-klooster

Die Hilandar-klooster.
Herstelwerk aan die klooster ná die groot brand in 2004.
Die Ikoon van Drie Hande.

Die Hilandar-klooster (Grieks: Μονή Χιλανδαρίου; Serwies: Манастир Хиландар, Manastir Hilandar of Chilandar) is ’n klooster van die Serwies-Ortodokse Kerk op Berg Athos in Griekeland. Dit is in 1198 gestig deur die eerste Serwiese aartsbiskop, sint Sava, en sy pa, grootprins Stefan Nemanja (wat later ’n monnik daar geword het onder die naam "Simeon"). Die Moeder van God deur haar Ikoon van Drie Hande word as die abdis beskou.[1] Daar is tans 45 werkende monnike.

  1. Hilandar – The Blackwell Dictionary of Eastern Christianity

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search