Hirosjima

Hirosjima

広島市 Hiroshima-shi
Stad
Vlag van Hirosjima
Vlag
Ligging van Hirosjima in die Hirosjima-prefektuur
Ligging van Hirosjima in die Hirosjima-prefektuur
Hirosjima is in Japan
Hirosjima
Hirosjima
Ligging van Hirosjima in Japan
Koördinate: 34°23′N 132°27′O / 34.383°N 132.450°O / 34.383; 132.450
LandJapan
GebiedTsjoegokoe, Saniogebied
PrefektuurHirosjima-prefektuur
Regering
 • BurgemeesterKazumi Matsui
Oppervlak
 • Totaal906,68 km2 (350,07 vk. myl)
Hoogte
55 m (180 ft)
Bevolking
 • Totaal1 199 391
 • Digtheid1 300/km2 (3 000/vk. myl)
TydsoneUTC+9 (JST)
Poskode
730-8586
Skakelkodes082
BoomCinnamomum camphora
BlomSelonsroos (Oleander)
Webwerfhttp://www.city.hiroshima.jp/

Die Japannese stad Hirosjima (広島市, Hirosjima-shi) is die hoofstad van die Hiroshima-prefektuur en sedert die herbou van die stad na die Tweede Wêreldoorlog die grootste stad in die Tsjoegokoestreek van Wes-Honsjoe, die grootste eiland van Japan. Die stad is geleë by 34°23′07″N, 132°27′19″O (die stadshuis). Hirosjima is daarvoor bekend dat dit die eerste stad in die geskiedenis is wat die teiken van kernwapenoorlog was in die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie gebeurtenis het plaasgevind op 6 Augustus 1945 om 8:15 v.m., in die Stille Oseaan-oorlogstoneel, toe die Verenigde State se lugmag, die (USAAF) 'n atoombom genaamd "Little Boy" op die stad laat val het.[1] Die grootste deel van Hirosjima is verwoes en teen die einde van die jaar is daar 166 000 mense dood weens die ontploffing en die daaropvolgende newe-effekte. Die Hirosjima-vredesgedenkteken (ook bekend as die Atoombomkoepel en die Giru-koepel), die enigste oorblywende struktuur in die gebied van die ontploffing, is 'n Unesco-wêrelderfenisgebied wat as 'n herinnering aan die atoombomaanval dien.

  1. Hakim, Joy (5 Januarie 1995). A History of US: Book 9: War, Peace, and All that Jazz. New York: Oxford University Press. ISBN 978-0195095142.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search