Hoofkarakter

'n Hoofkarakter of protagonis is 'n karakter in 'n verhaal, drama of storie van wie verskillende fasette uitgebeeld word. Die hoofkarakter verras gewoonlik die leser op oortuigende wyses, en weens die karakter se kompleksheid en deurlopende ontwikkeling word daar na só 'n karakter verwys as 'n ronde karakter.

'n Hoofkarakter kan 'n buitestaanderfiguur wees. Só 'n buitestaander is gewoonlik 'n sensitiewe persoon wat dieper en meer as die gewone mens sien. Buitestaanders is dikwels geslote, afsydige en swygsame mense.

Die hoofkarakter is die protagonis en teenoor hom of haar staan die teëspeler, of antagonis. Dikwels wedywer hulle oor 'n derde persoon of mag, die tritagonis. Dit kan 'n fisiese persoon soos 'n vrou of 'n man wees, maar dit kan ook iets soos 'n familieplaas of sakeryk wees.[1][2][3]

  1. πρωταγωνιστής, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek–English Lexicon, on Perseus Digital Library.
  2. "protagonist". Dictionary.com, Random House. Retrieved November 17, 2017.
  3. Duncan, Stephen. A Guide to Screenwriting Success: Writing for Film and Television. Rowman & Littlefield (2006) ISBN 9780742553019

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search