Indies-Pakistanse Oorlog van 1965 | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Koue Oorlog | |||||||
Politiese kaart van Kasjmir in 2004 | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Indië | Pakistan | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Sarvepalli Radhakrishnan Lal Bahadur Shastri J.N. Chaudhuri Harbaksh Singh P.O. Dunn Joginder Dhillon Kashmir Katoch Arjan Singh Aulakh Bhaskar Soman |
Ayub Khan Musa Khan Hazara Bakhtiar Rana Attiqur Rahman A.H. Malik Yahya Khan Nur Khan A.R. Khan S.M. Ahsan S.M. Anwar | ||||||
Sterkte | |||||||
700 000 Infanteriste (hele weermag)[1] 700+ vegvliegtuie[2] 628 Artillerie[3] Effektiewe krag langs die Wes-Pakistanse grens[1]
|
260 000 Infanteriste (hele weermag)[1] 280 vegvliegtuie[2] 552 Artillerie[3] Effektiewe krag langs die Wes-Pakistanse grens[1]
| ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
Neutrale bewerings[4][5]
Indiese bewerings
Pakistanse bewerings |
Neutrale bewerings[4]
Pakistanse bewerings
Indiese bewerings |
Die Indies-Pakistanse Oorlog van 1965 of Tweede Kasjmiroorlog was die hoogtepunt van 'n klomp skermutselinge wat plaasgevind het tussen April 1965 en September 1965 tussen Pakistan en Indië. Die oorlog het begin na Pakistan se Operasie Gibraltar, wat die doelwit gehad het om troepe in Jammu en Kasjmir te kry om Indiese oorheersing te vermy. Indië het geantwoord met 'n volskaalse militêre aanval op Wes-Pakistan. Die sewentiendaagse oorlog het duisende ongevalle aan beide kante tot gevolg gehad. Dit was die grootste stryd waaraan tenks en gepantserde voertuie deelgeneem het sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die oorlog het tot 'n einde gekom nadat die Verenigde Nasies 'n wapenstilstand kon bewerkstellig na diplomatieke onderhandelings deur die Sowjetunie en die Verenigde State en die daaropvolgende uitreiking van die Tasjkent-verklaring. Die grootste gedeelte van die oorlog is gevoer deur landmagte in die Kasjmir-gebied en op die grens tussen die twee lande. Hierdie oorlog was die grootste versameling van troepe in Kasjmir sedert die verdeling van Brits-Indië in 1947. Dit is eers weer verbeter in die 2001-2002-skermutseling deur Indië en Pakistan. Baie van die veldslae is geveg deur opponerende infanterie- en pantsereenhede, ondersteun deur die onderskeie lugmagte en vlote. Baie besonderhede van die oorlog is steeds onbekend.
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search