Joomla

Joomla
Logo van die Joomla-projek
Joomla 4 Tuispaneelbord

Ontwikkelaar Open Source Matters
Aanvanklike vrystelling 17 Augustus 2005
Nuutste weergawe 5.3.0[1]/ 15 April 2025
Programmeertaal PHP
Bedryfstelsel Microsoft Windows, Unix-agtige bedryfstelsel
Beskikbaar in ja
Kategorie inhoudsbestuurstelsel
Lisensie GNU General Public License, version 2.0 or later
Webblad https://www.joomla.org (en)

Joomla is 'n vrye-, oopbron inhoudsbestuurstelsel vir die publikasie van inhoud op die wêreldwye web en intranette.

Die stelsel sluit verskeie kenmerke in soos die stoor van bladsye in 'n kasgeheue om werkverrigting te verbeter, RSS-voere, drukbare weergawes van bladsye, nuusflitse, webjoernale, meningspeilings, webwerf soektogte en aanpassings vir taalvoorkeure. Joomla word vrygestel onder die voorwaardes van die GPL en is 'n vertakking van die Mambo projek.

Die naam Joomla word amptelik geskryf met 'n uitroepteken daarna maar dit word meestal weggelaat.

Die sagteware is in die PHP programmeertaal geskryf en gebruik MySQL as databasis by verstek.

  1. Error: Unable to display the reference properly. See the documentation for details.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search