Kaliningrad

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Kaliningrad-oblast.

Kaliningrad
Калининград

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Rusland Rusland
 Federale distrik Noordwes-Rusland
 Ekonomiese streek Kaliningrad
 Oblast Kaliningrad
 Administratiewe verdeling 5 stedelike rajons
 Koördinate 54°42′N 20°27′O / 54.700°N 20.450°O / 54.700; 20.450
 Gestig op 1 September 1255
 Vroeëre name Twangste (1242–1255)
Königsberg (1255–1946)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 223,03 vk km
 Hoogte bo seevlak 4,8 m (sentrum)
 Bevolking:  
 - Totaal (2018) 475 056
 - Bevolkingsdigtheid 1 900/vk km
 Tydsone UTC +2 (KALT)
 Burgemeester Elena Iwanowna Djatlowa
 Amptelike webwerf www.klgd.ru

Kaliningrad (Russies: Калининград, [kəlʲɪnʲɪnˈɡrat]; Pools: Królewiec; Litaus: Karaliaučius; tot 1946 Duits: Königsberg, [ˈkøːnɪçsbɛʁk], ; Russies: Кёнигсберг, Kjonigsberg, [ˈkʲɵnʲɪɡzbɛrk]) is die hoofstad van die gelyknamige Russiese eksklawe (Kaliningrad-oblast), wat sowat 1 289 kilometer wes van Moskou tussen Pole en Litaue aan die Oossee lê, met sowat 475 056 inwoners (2018). 'n Seekanaal van sowat 32 kilometer verbind die stad met die Oossee.

Die huidige Russiese stad het uit die bouvalle van die oorspronklik Duitse Koningsberg (Königsberg) ontstaan wat eeue lank die hoofstad van die Duitse provinsie Oos-Pruise was en in die laaste fase van die Tweede Wêreldoorlog deur Britse en Russiese bomaanvalle vernietig is.

Tot in 1991 kon die stad weens politieke omstandighede nie sy tradisionele rol as brug tussen die oostelike en westelike lande van die Oossee vervul nie, en ook sy toerismebedryf was dekades lank uitsluitlik op Russiese besoekers gemik. Vandag staan die stad weer oop vir internasionale handel en toerisme, alhoewel die geografiese ligging as Russiese eksklawe binne die Europese Unie 'n aantal probleme skep.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search