Kennedy-ruimtesentrum

Koördinate: 28°31′27″N 80°39′03″W / 28.52417°N 80.65083°W / 28.52417; -80.65083

John F. Kennedy-ruimtesentrum
Tipe NASA-fasiliteit
Gestig 1 Julie 1962
Hoofkantoor Merritt-eiland, Florida
EienaarNASA
[1]

Die Kennedy-ruimtesentrum (amptelik die John F. Kennedy Space Center, afgekort KSC), oorspronklik bekend as die NASA Launch Operations Center, geleë op Merritt-eiland, Florida, is een van die tien Amerikaanse nasionale sentrums vir lugvaart en ruimtevaartadministrasie. Sedert Desember 1968 is KSC die primêre lanseersentrum vir menslike ruimtevaart deur NASA. Die bedryfsaktiwiteite vir die Apollo-, Skylab- en ruimtependeltuig-programme is vanaf Kennedy-ruimtesentrum Lanseerkompleks 39 uitgevoer en is deur KSC bestuur.[2] KSC is aan die ooskus van Florida geleë, aangrensend aan die Kaap Canaveral- ruimtemagstasie (CCSFS). Die bestuur van die twee entiteite werk baie nou saam, hulle deel hulpbronne en bedryf fasiliteite op mekaar se eiendom.

Alhoewel die eerste Apollo-vlugte en alle Mercury- en Gemini-vlugte vanaf Kaap Canaveral- lugmagstasie vertrek het, is die lanserings deur KSC en sy vorige organisasie, die Direktoraat vir Loodsbedrywighede, bestuur. [3] [4] Sedert die vierde Gemini-missie, het die NASA-beheersentrum in Florida (Mercury Control Center, later die Launch Control Center) begin om die beheer van die ruimtetuig kort na sy lansering oor te gee aan die missiebeheersentrum in Houston; in vorige missies was die beheer behou gedurende die hele missie.[5]

Daarbenewens bestuur die sentrum die lansering van robot- en kommersiële bemanningsmissies en ondersoek voedselproduksie en hulpbronbenutting vir buite-aarde ondersoek.[6] Sedert 2010 het die sentrum 'n ruimtehawe vir meer gebruikers geword deur middel van vennootskappe in die bedryf. [7] Daar is selfs in 2015 'n nuwe lanseerplatform (LC-39C) bygevoeg.

Daar is ongeveer 700 fasiliteite en geboue wat oor die 580 km2 versprei is.[8] Van die unieke geriewe by KSC is die 160 meterhoë voertuigmonteringsgebou vir die stapel van die grootste vuurpyle van NASA, die lanseerbeheersentrum wat ruimtelanserings doen by KSC, die gebou wat die ruimtevaarders se woon- en aantrekareas bevat, 'n ruimtestasiefabriek en 'n 4,8 km-lange pendellandingsfasiliteit. Daar is ook 'n besoekerskompleks op die perseel wat oop is vir die publiek.

Nabyskoot van die Voertuigmonteergebou
  1. "Kennedy Business Report" (PDF). Jaarverslag FJ2010. NASA. Februarie 2011. Besoek op 22 Augustus 2011.
  2. "Kennedy Space Center Implementing NASA's Strategies" (PDF). NASA. 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2022. Besoek op 5 November 2015.
  3. "Appendix 10 – Government Organizations Supporting Project Mercury". NASA History Program Office (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2019. Besoek op 6 November 2015.
  4. "2. Project Support from the NASA Centers". Mercury Project Summary (NASA SP-45) (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2019. Besoek op 6 November 2015.
  5. "Mercury Mission Control" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 6 November 2015.
  6. "Research & Technology". Kennedy Space Center (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2018. Besoek op 5 November 2015.
  7. "NASA Partnerships Launch Multi-User Spaceport". NASA. 1 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2016. Besoek op 5 November 2015.
  8. "Kennedy Creating New Master Plan" (in Engels). NASA. 12 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 5 November 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search