Kerrie

Gebotterde hoendergereg bedien in 'n Indiese restaurant.
Geroosterde eendkerrie ("hot and spicy") uit Thailand.
Kerrie in losmaat te koop op 'n basaar.
'n Verskeidenheid kerriepoeiers.
'n Vegetariese kerriedis, bevattende blaargroente, uie, aartappels en rys.

Kerrie kan een van die volgende (verwante) begrippe wees:

  • 'n Kerrie, 'n stowegereg wat met heelwat kerriepoeier as bestanddeel gekook is.
  • Kerrie(poeier), die geel tot dieprooi speserymengsel wat veral in Oosterse en Maleier-resepte gebruik word, om aan die stowevleis 'n tipiese geurige smaak te verleen.

Kerrie bestaan uit 'n hele paar (soms geheime) gemengde bestanddele. Borrie is 'n vaste bestanddeel van kerrie, waaraan dit die geel kleur verleen. Borrie se smaak is mildelik bitter.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search