Konjunktivitis

Konjunktivitis
Pienkoog
Klassifikasie en eksterne bronne
'n Geïnfekteerde oog
'n Geïnfekteerde oog
ICD-10 H10
ICD-9 372.0
DiseasesDB 3067
MedlinePlus   001010
eMedicine emerg/110
MeSH D003231
Mediese waarskuwing

Konjunktivitis, algemeen bekend as pienkoog, is inflammasie van die buitenste laag van die wit deel van die oog en die binneste oppervlak van die ooglid.[1] Die oog vertoon pienk of rooi. Daar kan ook pyn, branderigheid of jeuk teenwoordig wees. Die geaffekteerde oog mag meer traan  en soggens kan die ooglede aan mekaar vas geplak wees. Swelling van die wit deel van die oog kan ook voorkom.[2] Jeuk van die oog is meer algemeen in gevalle wat te wyte is aan allergieë.[3] Konjunktivitis kan een of albei oë aantas.[2]

Die mees algemene aansteeklike oorsake is viraal gevolg deur bakterieël.[3] Die virale infeksie kan voorkom saam met ander simptome van 'n verkoue. Virusse en bakterieë versprei maklik tussen mense.[2] Allergieë vir stuifmeel of dierehare is ook 'n algemene oorsaak.[3] Die diagnose word dikwels gebaseer op tekens en simptome. Soms word 'n monster (depper) van die afskeiding na 'n laboratorium gestuur vir 'n kweking.[2]

Voorkoming word bevorder deur hande te was. Die behandeling word bepaal deur die onderliggende oorsaak.[2] In die meerderheid van virale gevalle is daar geen spesifieke behandeling nie.[3] Meeste bakteriële infeksies sal opklaar sonder behandeling; die gebruik van antibiotika kan egter die verloop van die siekte verkort.[2][3] Mense wat kontaklense dra en diegene met óf gonorree of klamidia as die oorsaak van hul pienkoog moet behandel word. Allergiese gevalle kan behandel word met antihistamien of mas-sel inhibeermiddel.[3]

Ongeveer 3 tot 6 miljoen mense kry elke jaar konjunktivitis in die Verenigde State van Amerika.[2][3]  Virale oorsake is meer algemeen in volwassenes , terwyl bakteriële oorsake meer algemeen is in kinders.[3] Mense ervaar beterskap binne een tot twee weke.[2][3] Verdere diagnose en behandeling mag nodig wees wanneer daar visuele verlies, aansienlike pyn, sensitiwiteit vir lig, tekens van herpes of 'n persoon is wat nie binne 'n week beterskap toon nie.[3] Konjunktivitis in pasgebore babas, wat bekend staan as neonatale konjunktivitis, mag ook spesifieke behandeling vereis.[2]

  1. Richards A, Guzman-Cottrill JA (May 2010).
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 2,7 2,8 "Facts About Pink Eye".
  3. 3,00 3,01 3,02 3,03 3,04 3,05 3,06 3,07 3,08 3,09 Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search