Koppotige

Koppotiges
Tydperk: Laat-Kambrium – Onlangs
Sepioteuthis lessoniana
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Filum:
Klas:
Cephalopoda
Subklasse en ordes

Subklas Nautiloidea

Subklas Ammonoidea

Subklas Coleoidea

Koppotiges of inkvisse (Cephalopoda) is 'n klas seediere wat tot die orde van weekdiere (Mollusca) behoort. Hierdie klas sluit inkvisse en seekatte in.

Die inkvisse, seekatte en nautili, wat almal deel van die klas Cephalopoda (koppotiges) uitmaak, is ’n hoogs ontwikkelde groep see-weekdiere (filum Mollusca). In baie opsigte kan hulle as die mees gevorderde groep lewende ongewerwelde diere beskou word. Die klas word deur slegs 130 lewende genera en 650 spesies verteenwoordig en dit lyk of die groep stadig maar seker minder word omdat sowat 10 000 fossiel-spesies bekend is.

Die grootste lewende ongewerwelde dier, die reusepylinkvis (Arehiteuthis), behoort tot hierdie groep. Hierdie dier kan 20 m lank word (insluitende die tentakels). Die kleinste koppotige dier, die inkvis Idiosepius, is skaars 2,5 cm lank. Hoewel die koppotige diere deel van die filum Mollusca (weekdiere) uitmaak, toon hulle heelwat afwykinge van die algemene beeld van hierdie groep. In teenstelling met die stereotipe beeld van weekdiere as diere wat stadig voortbeweeg, is die koppotige diere vinnig bewegende roofdiere wat hoofsaaklik in die diepsee lewe.

Nog ’n afwyking is die dier se goed ontwikkelde oë en hoë intelligensie. Met die uitsondering van die nautili het die koppotige diere geen uitwendige skulp nie. Die koppotiges gebruik hulle 8 of 10 suierdraende arms om voedsel mee te vang. Die nautilus het egter sowat 90 tentakels. Uniek by die koppotige diere is die "bek” om die mondopening. Met hierdie papegaaiagtige chitienbek word stukke kos afgebyt. Die inkvisse, seekatte en hul verwante behoort tot die filum Mollusca (weekdiere). Omdat hierdie diere se arms direk aan hul koppe vasgeheg is, word hulle die koppotiges (Cephalopoda) genoem. Die grootste en intelligentste ongewerwelde diere behoort tot hierdie klas. Omdat die koppotige diere in groot getalle voorkom, vorm hulle een van die grootste potensiële voedselbronne van die see. Die diere word in baie wêrelddele geëet en is ook indirek vir die mens van belang omdat hulle 'n groot deel van die potvis en ander kleiner walvisse se dieet vorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search