Kosmogonie

Kosmogonie (van Grieks: kosmo- "wêreld" en gon- "verwek") is die tak van die astrofisika wat hom met die studie van die ontstaan en die struktuur van die heelal in sy geheel bemoei, in teenstelling met die astronomie wat hom met die studie van bepaalde hemelliggame besig. 'n Kosmogonie is dus 'n verhaal wat die ontstaan van die heelal verduidelik. Die Skeppingsverhaal van Genesis in die Bybel is dus só 'n kosmogonie, en daar is vele andere, sowel wetenskaplik as mitologies van oorsprong.

Die kosmogonie bestudeer die ontstaan van die universum self, sowel op mikroskopiese (kwantum-kosmologiese) as op makrosopiese (relativistiese) skaal, in die begin der tye (gewoonlik aangedui deur t = 0). Dít in teenstelling met die kosmologie wat die universum gedurende sy hele bestaan beskou. Die kosmogoniese teorieë bots steeds op die drie klassieke paradokse:

  1. 'n beginsel van oorsaaklikheid (vergelyk met die 13de eeuse bewys vir die bestaan van God van Thomas van Aquino)
  2. behoudswette (die onmoontlikheid om iets uit niks te skep)
  3. die kwessies van tydsverloop (sien ook die paradokse van Zenon) en logiese verloop

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search