Kowloon

Kowloon

九龍 / Gáulùhng
Stad
Kowloon gesien van Hongkong-eiland
Kowloon gesien van Hongkong-eiland
Byname: 
Draakstad"
Kowloon is in Hongkong
Kowloon
Kowloon
Koördinate: 22°19′N 114°11′O / 22.317°N 114.183°O / 22.317; 114.183
LandVlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Spesiale administratiewe streekVlag van Hongkong Hongkong
Oppervlak
 • Totaal67 km2 (26 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal2 108 419
 • Digtheid43 033/km2 (111 450/vk. myl)

Kowloon (Tradisionele Chinees: 九龍; Vereenvoudigde Chinees: 九龙; pinyin: Jiǔlóng) is 'n gebied in Hongkong.

In die hedendaagse Hongkong staan die naam Kowloon vir die distrik wat bestaan uit die Kowloon-skiereiland en New Kowloon. Hierdie gebied word begrens deur die Lei Yue Mun-kanaal in die ooste, Mei Foo Sun Chuen en Stonecutters-eiland in die weste, Tate's Cairn en Lion Rock in die noorde, en Victoria Harbour in die suide. Die bevolking het in 2011 op 2 108 419 gestaan. As gevolg van die klein oppervlak van Kowloon (67 km²), is die bevolkingsdigtheid uiters hoog, nl. 43 000 inwoners/km².

Ná die Hongkong-eiland was Kowloon die eerste gebied wat in 1849 onder Britse bewind gekom het en uiteindelik deel geword het van die kroonkolonie van Hongkong. Saam met Hongkong-eiland is Kowloon verantwoordelik vir 47% van die totale bevolking van Hongkong.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search