Kreasionisme

'n Kunstenaarsvoorstelling van die Skepping.

Kreasionisme of skeppingsleer (afgelei van die Latynse creatio "skepping") is 'n religieuse geloof[1] in die feit dat die mensdom, die lewe, die Aarde en die heelal deur God (die Skepper) geskep is. Die term word egter meer gereeld gebruik om te verwys na die religieuse verwerping van evolusie, ten gunste van 'n interpretering van die skeppingverslag in die Bybel as 'n verduideliking wat die geskiedenis, diversiteit en ingewikkeldheid van lewe op aarde verklaar. Hierdie teenstryd staan as die kreasionisme-ewolusie-omstredenheid bekend.[2] In Christelike kringe word kreasionisme gewoonlik op 'n letterlike interpretering van die skeppingsverhaal in die eerste boek van die Bybel, Genesis, gebaseer.[3] Kreasionisme word sterk aan die Christelike religie gekoppel, alhoewel ander religieë ook Skepper-geleide skeppingsverhale het, maar wat tot variërende mates van die Christelike weergawe verskil.

  1. Evolution Vs. Creationism, Eugenie Scott, Niles Eldredge, p. 114
  2. "NCSE : National Center for Science Education - Defending the Teaching of Evolution in Public Schools". Creationism (in Engels). 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2016. Besoek op 22 Junie 2009.
  3. Ronald L. Numbers. "Creationism History: Topic Index" (in Engels). Counterbalance Meta-Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2020. Besoek op 22 Junie 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search