Krypteia

Topografiese kaart van antieke Sparta in die Eurotasvallei, met die onderskeie stamgebiede aangedui

In antieke Sparta was die Krypteia (Grieks: κρυπτεία krupteía, afgelei van κρυπτός kruptós, "verskuilde, geheime dinge") 'n instelling van die stadstaat wat uit jong Spartaanse manne bestaan het. Die doel en aard daarvan is steeds 'n onderwerp vir bespreking en debat onder historici. Sekere geleerdes soos Wallon beskou die krypteia as 'n soort geheime polisie en sekuriteitsorgaan vir die stadstaat wat deur die regerende stand van Sparta op die been gebring is, en waarvan die doelwit was om die onderhorige helotebevolking te terroriseer. Ander, soos Köchly en Wachsmuth glo dat dit 'n vorm van militêre opleiding was, soortgelyk aan die Atheense ephebia.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search