Kulkuns

Die towenaar (skildery).
'n Amateur kulkunstenaar vermaak kinders tydens 'n verjaarsdag partytjie.

Kulkuns of goëlery is 'n uitvoerende kuns wat gehore vermaak met truuks en illusies wat skynbaar onmoontlik of bonatuurlik is. Kulkuns skep die indruk van bonatuurlike mag, maar die illusie van kulkuns word uitsluitlik deur natuurlike metodes geskep. Die gehoor is gewoonlik bewus dat kulkuns deur oëverblindery uitgevoer word, maar die vaardigheid en geheimsinnigheid daaragter fasineer die gehoor.

Kulkuns kan professioneel of as 'n stokperdjie beoefen word. Baie ure se oefening en geduld word benodig om dit te bemeester. Die persoon wat die kulkunsies uitvoer word 'n kulkunstenaar genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search