Lausitz

Die ligging van die Lausitz in Europa
Die Lausche in die Zittause Gebergte is die hoogste bergpiek in die Lausitz
Die ou markplein in Cottbus

Die Lausitz is 'n streek in Duitsland en Pole wat die suide van die Duitse deelstaat Brandenburg, die ooste van die Vrystaat Sakse asook dele van die Poolse woiwodskappe Neder-Silesië en Lubuskie (Lebus) behels.

Die streek word van noord na suid in drie landskappe onderverdeel: Neder-Lausitz, Bo-Lausitz en Lausitzer Gebergte. Tans vorm die Spreewald die noordelikste deel van Neder-Lausitz - oorspronklik het dit tot by die Berlynse Müggel-meer gestrek. Slegs die Duitse gedeelte van die Lausitzer Gebergte, waarna meestal as Zittause Gebergte verwys word, maak deel uit van die Lausitz, maar nie die suidelike Tsjeggiese gedeelte nie. Die Lausitzer Neiße-rivier vorm tans die grens tussen die Duitse en Poolse gedeeltes van die Lausitz-streek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search