Luxemburgs

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Luxemburgers.
Luxemburgs
Lëtzebuergesch 
Uitspraak: [ˈlətsəbuəjəʃ]
Gepraat in: Vlag van Luxemburg Luxemburg
Vlag van België België
Vlag van Frankryk Frankryk
Vlag van Duitsland Duitsland 
Gebied: Sentraal-Europa
Totale sprekers: 336 710 (moedertaal)
50 000 (tweede taal)[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaanse
   Middelduits
    Luxemburgs 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Luxemburg Luxemburg
Gereguleer deur: Conseil Permanent de la Langue Luxembourgeoise
Taalkodes
ISO 639-1: lb
ISO 639-2: ltz
ISO 639-3: ltz 
Verspreiding van Luxemburgs

Luxemburgs of Lëtzebuergesch ([ˈlətsəbuəjəʃ]) is die nasionale taal van die Groothertogdom Luxemburg en word deur sowat 390 000 mense gepraat. Die meeste van hulle praat dit as moedertaal, maar daar is ook 'n groot getal buitelanders in Luxemburg wat dit as tweede taal aangeleer het. Sowat tagtig persent van die inwoners van die groothertogdom praat Lëtzebuergesch as hulle huistaal.

Die taal word in die Duitse dialektologie as 'n Wes-Germaanse, Middelduitse kultuurdialek geklassifiseer, wat deel uitmaak van die Moeselfrankiese groep van dialekte. In die taalwetenskap word dit ook by die sogenaamde Ausbausprache ("uitboutale") gereken.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Luxembourgish" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 4 November 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search